My Hemel Vader en Raadsman,
Ek bid vandag dat U my blog sal seën. Here U wat my geroep het om my hart bloot te lê, kom hou U asseblief my hand wanneer ek van U skryf. Sit U die woorde in my hart. Kerf U my siel soos U wil.
Laat ek deur "Die Vrou wat ek is", waarlik ander bewus maak van U onbeskryflike liefde vir U kinders. En laat elkeen wat my blog lees, U barmhartigheid ervaar en U Gees beleef. Seën ons, U kinders, Heer.
Here, hou U asseblief my mense in U hand. Voed ons daagliks met U liefde. Koester in ons 'n onlesbare dors om meer en meer van U te leer. Om vrouens en mans en kinders na U hart te wees.
Ek loof en ek prys U, Here. Dankie dant ek U kind kan wees.
Amen.